Voel jy bang en onseker oor geboorte, borsvoeding of babasorg?
Voel jy bang en onseker die eerste weke met jou baba?
Jy is nie alleen nie. As ’n eerstekeer mamma is dit normaal om oorweldig te voel deur al die nuwe inligting en vrese wat saam met hierdie reis kom.
Daarom het ek hierdie Voorgeboorte Klas Kursus in Afrikaans geskep:
prakties, maklik verstaanbaar en ontwerp om jou van angstig na bemagtig te neem. Jy hoef nie meer ure lank te Google of bang te wees jy maak foute nie.
Met hierdie kursus en Whapsapp ondersteuning sal jy kalm, selfversekerd en volkome voorbereid voel om jou baba te verwelkom.
Jou Volledige Mamma-Pakket
Wat sluit hierdie volledige pakket in?
Die Voorgeboorte Klas Kursus
Praktiese, maklik verstaanbare modules wat jou stap vir stap voorberei op voorbereiding vir geboorte, geboorte proses en keisersnit, borsvoeding en babasorg.
Persoonlike WhatsApp-Steun vir 4 Weke ná Geboorte
‘n Deskundige in jou sak — antwoorde, leiding en emosionele ondersteuning presies wanneer jy dit nodig het.
Aflaaibare PDF-Gids
’n Handige verwysingsboek wat jy weer en weer kan gebruik wanneer jy onseker voel.
Toegang tot ’n WhatsApp-Gemeenskap van Ander Mammas
Jy is nooit alleen nie — gesels, vra vrae, en kry aanmoediging van mammas wat deur dieselfde reis gaan.
Die hele pakket is nou beskikbaar vir R1250.00
100% Vertroue-waarborg
As jy ná die kursus steeds voel jy is net so onseker soos voorheen,
kry jy jou volle geld terug — geen vrae gevra nie.
My husband and I will forever be grateful for the amazing support from Madeleine. The information she provides on prenatal care and postpartum is life changing! As a first time mother these classes were absolutely invaluable. The classes provided us with the necessities of our birth plan and how to take care of our little one. Madeleine has been a huge support for me in times where I got nervous. I don’t doubt she will be there if I need her in the future. Her knowledge and experience really shows in everything she does and presents. It is very helpful as she provides a Q&A session where all your questions are answered and more. I would honestly recommend Madeleine’s classes to any parents-to-be!
– Nadia Koen
Die voorgeboorte klasse in Afrikaans het ons regtig geweldig gehelp. Mens dink jy is gereed/voorbereid totdat jy die klasse doen, dan besef jy hoeveel jy nog moer leer. Na die klasse het ek en my man baie rustigheid gehad oor die hele geboorte proses, borsvoeding en hoe om na die nuwe baba om te sien die eerste paar dae. Ek sal dit 100% aanbeveel vir enige swanger mamma. Sr Madeleine verduidelik op’n manier wat enige iemand sal verstaan, en ek sou regtig verlore wees sonder die klasse. Veral met die borsvoeding.
– Jimaine Prinsloo
Dankie Madeleine vir die ongelooflikke valuable voorgeboorte klasse. Elke les waar deur jy ons gelei het het ons meer toegerus as nuwe ouers vir ons eerste babatjie wat oppad is. Ek sal definitief enige toekomstige ouers aanbeveel om jou voorgeboorte klasse te doen. Baie insigewend, dankie
– Elani Grobler
Ekt jou klassies vreeslik behulpsaam gevind met baie insiggewende informasie.
Baie dankie
– Jacqueline Nel
The Visiting Midwife het fantastiese aanlyn klassies wat baie bekostigbaar is wat alles rondom geboorte, borsvoeding en sorg by huis insluit! Dit het my gered met borsvoeding, baba is nou al 13 Maande en ek borsvoed nogsteeds.
– Jadri Du Plessis-Pollock
Sr Madelein se klasse is regtig vir enige iemand, sy verduidelik alles so in diepte maar ook so maklik om te verstaan. Ek en my man het dit ontsettend baie geniet en mens voel na dit jy weet darem iets en sal weet wat om te doen wanneer baba hier is. Mens kan sien sy het ‘n ongelooflike liefde en passie vir wat sy doen en help so mooi met al ons vrae. Die klassies is 100% die moeite werd.
– Michelle Boshoff
Van my en my man se kant af wil ons net baie dankie sê vir jou tyd en effort wat in jou klasse in gaan. Ons het dit def meer as een keer deur gegaan. Baie inligting om in te neem en regtig te verstaan wat mens in neem. Ons sal die klasse beslis aanveveel!
– Petro Grobler